Stories by: An-Mari
5 stories
Suiderkruis in Australië (Voltooi)

My debuut-roman op Wattpad!!!Wanneer Elsjé by haar sussie, Nelda, en dié se man, Scott, in die Australiese Outback gaan kuier, is dit om twee redes: Dat sy vir Nelda in die laaste maand van haar swangerskap kan bystaan en dat sy haar roman kan voltooi. Hopelik inspireer die ongerepte Australiese landskap haar genoeg om van haar skrywersblok ontslae te raak.Waarop Elsjé nie reken nie, is dat die held van haar storieboek, soos 'n skim vanuit die rooi Australiese stof te voorskyn kom- op sy wit perd en al! Wanneer Elsjé egter van nader met die skim kennis maak, besef sy dat hy en haar sprokiesheld innerlik, sowel as uiterlik hemelsbreed verskil. Die sprokiesheld wat sy in haar gedagtes gebou het, verkrummel en daarvoor sal sy vir ewig vir Blake kwalik neem. Die vonke spat dus behoorlik tussen die twee. Sal Elsjé uiteindelik die inspirasie vind om haar roman te voltooi of sal sy onverrigte sake moet terugkeer Suid-Afrika toe, met 'n half-voltooide roman en 'n held met 'n "onrealistiese karakter", soos Blake haar al te duidelik ingelig het?

3.3K 24 186 Full
Freya en die Ierse Rock-ster

Freya is 'n weeskind met net twee drome in die lewe: Om Ierland te besoek en om 'n Verpleegkundige te word. Na jare se harde werk word beide haar drome bewaarheid en kry sy werk as 'n verpleegkundige in 'n Ierse hospital. Tydens haar eerste aand in Ierland, sit sy in 'n tipiese Ierse kroeg toe 'n vreemdeling met 'n sjokoladestem en smaraggroen oë vir haar begin sing.Later vind sy uit dat die einste vreemdeling die gawe Ierse vrou waarby sy bly se seun, Kieran is. Freya prikkel onmiddelik Kieran se belangstelling omdat sy heeltemaal anders is as die vrouens wat op 'n daaglikse basis hulself aan hom probeer opdring. Min weet hy, dat Freya- 'n boekwurm wat die afgelope paar jaar net tyd gehad het vir haar studies- glad nie 'n idee het dat hy 'n beroemde rock-ster is nie.-----------------------------------------------------------------------------------------Lesers wat gehou het van die boek "Suiderkruis in Australië" sal ook "Freya en die Ierse Rock-ster" geniet.

918 5 34
The Soldier's Wife

A short story inspired by the lives of so many Soldier's Wives in America and all around the world. The soldier's wife is a soldier in her own right.

519 1 15 Full
Oity and the Evil Leopard-Fly

A children's story about friendship, bravery and doing the right thing even when it's hard.Oity is a Poingle. Poingles are happy little creatures, with long ears, red button noses and bushy -tipped tails and it is their job to look after the baby fairies when their mothers have to go to work. Oity takes car of a happy little baby fairy named Ailee. When a evil leopard-fly comes to steal Ailee's sunshine, Oity is forced to face his fears to save his little friend.

25 1 1 Full
Liefde op Lebanon

Julia keer na universiteit terug na haar familieplaas in die Vrystaat. Op haar terugkeer ontdek sy dat haar ma 'n plaasbestuurder aangestel het- iets wat Julia voel heeltemaal onnodig is, aangesien sy mos terug is en die plaas self kan bestuur. Steeds kwesbaar weens haar onlangse diagnose met Diabetes, glo sy dat haar ouers dink sy is weens haar siekte, nie instaat om dinge op die plaas self te kan hanteer nie. Daarom is sy van die eerste oomblik af teen Ruben gekant, maar wanneer sy ontdek dat dié plaasbestuurder met sy deurpriemende blou oë 'n las van sy eie dra, ontwikkel hulle 'n hegte vriendskap. Uiteindelik is dit Ruben en die Friesperde waarmee sy elke dag werk, wat haar help om die seer wat sy met haar saamdra te genees.

3K 15 141